Tot volgende jaar!
Turksvy vat ’n breuk in Desember, maar ons sien jou weer die 15de Januarie 2023 wanneer ons die jaar afskop met ’n heerlike sarsie queerpornografie.
Ons wil die geleentheid gebruik om ons lesers te bedank. Ons het ongelooflike vreugde uit hierdie projek geput hierdie jaar en voel so opgewonde oor die klein maar groeiende en lewendige lesersgemeenskap wat Turksvy lees, deel en ondersteun. Ons sien baie uit na nog ’n jaar van Afrikaanse feministiese briewe in 2023.
Ons sal dit geniet om van julle te hoor: as jy enige kommentaar of idees het oor enige iets wat jy hierdie jaar op Turksvy gelees of gesien het, stuur asseblief vir ons ’n boodskap op Instagram of ’n email by turksvybrief@gmail.com.
Verskriklik baie dankie ook aan ons bydraers sover: Marita van der Vyver, Ronelda S. Kamfer, Diana Ferrus, Mercy Kannemeyer, Herschelle Benjamin, Lynthia Julius, Willemien de Villiers, Petra Stegmann, Maud, Amanda Gouws, Chan Croeser, Chrystal Williams, Marí Borstlap, Chase Rhys, Nicolene Burger, Dianne du Toit Albertze, Athambile Masola, Veronique Jephtas, Hanneke Stuit en Jean Dreyer. Ons het baie by julle geleer en dit was ’n eer om julle werk te kon deel.
Laastens, ’n groot dankie aan ons borge: die L.W. Hiemstra Trust, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Afrikaanse Taalraad.
Tot 2023! Gelukkige feesseisoen en ’n voorspoedige nuwe jaar!
Baie liefde,
Bibi en Azille XOXO