Spel
'n Pornografiese verhaal deur CLK. (Baie eksplisiet, nie vir kuis of baie jong lesers nie.) Met kuns deur Luami Calitz.
Dit begin gewoonlik met Simone. ’n Vreemdeling wat na haar kant oorleun wanneer hulle langs mekaar by die kroegtoonbank staan. ’n Bewonderaar wat ’n glas wyn na haar tafel toe stuur; oë wat haar aandagtig volg soos sy deur vertrekke beweeg.
Simone moedig dit nie aan nie. Nie regtig nie. Sy glimlag terwyl sy haar kop skud en ’n uitnodiging om te dans van die hand wys. Sy wuif bedagsaam wanneer die vrou agter die kroegtoonbank ’n R100-noot terugskuif en met haar kop beduie wie reeds die rekening gedek het. Sy steek haar hand vlugtig uit om ’n rooikopvrou te groet wat haarself kom voorstel.
Niks meer as dit nie.
Dit beteken egter nie dat sy nie die blos teen Emma se nek sien opbeweeg wanneer ’n vrou te naby aan haar staan, of ’n iemand se oë net ’n oomblik té lank draal voor hulle wegkyk nie. Of die besitlike manier waarop Emma se hand om haar dy krul wanneer Simone weer gaan sit nie.
Dít is die spel wat hulle speel.
’n Genotvolle spel wat gewoonlik einding met Simone wat teen ’n plat oppervlak vasgedruk word—’n badkamerhokkie, die hysbak in die portaal van Emma se woonstelgebou, die bank in Simone se sitkamer—terwyl Emma speels “myne” teen haar lippe fluister.
Maar dit bly steeds ’n spel en daar is min dinge wat Simone meer geniet as om te wen. En as dit beteken dat sy elke nou en dan te midde van die spel die reëls moet verander, dan is dit maar so.
Dit is hoe dit gebeur dat dit Emma is wat laat een Vrydagaand teen die voordeur vasgedruk word sodra die deur agter hulle toeslaan.
“Weet jy,” asem Simone teen Emma se oor, “dis fokken hot as jy besitlik is, maar ek dink dis dalk tyd dat jy leer dat jy nie altyd in beheer kan wees nie.” Sy laat sak haar hande om Emma se gewrigte langs haar sye en teen die deur vas te pen. “Jy mag dalk vind dat om net jouself te laat gaan baie bevredigend kan wees.”
Emma trek haar skouers en kop effe terug en glimlag skalks. Simone herken dadelik die krul van haar lippe as ’n uitdaging. “Ek het, om die waarheid te sê, gevind dat my harde werk en toewyding uitstekende resultate lewer. Regtig fantastiese resultate, sal mens selfs kan sê.”
Simone wag ’n oomblik voordat sy antwoord. Emma kyk steeds na haar met ’n uitdrukking wat spreek van selfvertroue en ondeundheid. Natuurlik het sy nie verwag dat Emma dadelik sou ingee nie. Sy sou, daarenteen, nogal teleurgesteld gewees het as sy nie self ook ’n bietjie moes werk vir wat kom nie.
Sy streel liggies met haar vinger teen Emma se voorarms op. Sy kan voel hoe die spiere effens verstyf, maar Emma probeer om nie haar arms te beweeg nie. Simone is egter seker dat Emma bloot strategies is. Sy wag die regte oomblik af om hul posisies om te ruil. Dit is wat meestal gebeur. Emma wag, gee soms selfs ’n bietjie toe, maar wil daarna tog in beheer wees.
Soms herinner Emma vir Simone aan ’n jonger weergawe van haarself. Die manier waarop Simone so naarstigtelik gewerk het om seksmaats plesier te verskaf. In haar eerste verhouding sou daar etlike ure en orgasmes verby gegaan het sonder dat Simone haar eksmeisie sou toelaat om aan haar te vat. Dit is eers later dat sy geleer het om ook te vra. Sy het eers later geleer dat sy kan gee deur haar meisies toe te laat om te neem. Om kwesbaar te wees en haarself in daardie kwesbaarheid te verloor.
En daarom gee sy Emma die ruimte om te eksperimenteer met grense en kwesbaarheid. Sy hou van hierdie betowerende oomblikke vroeg in ’n verhouding. Om iemand te leer ken. Om te ontdek waarvan sy hou, en haar te leer waarvan sy hou. Ses maande is eintlik nog baie kort, dink Simone soms, en vir nou is sy meestal tevrede daarmee om te wag tot die oomblik wanneer Emma uiteindelik gereed is.
Behalwe dat Simone steeds die idee van mag en beheer regtig aanloklik vind. En dat sy opmerk hoe skerp Emma inasem wanneer Simone soms “good girl” of “so goed” teen haar bors fluister. Sy sien hoe Emma se donker oë selfs donkerder word wanneer sy haar ’n bietjie harder teen die matras vasdruk. Dit was ná slegs ’n paar weke wat Simone besef het die maklikste manier om Emma te kry om haar vinnig en hard te fok, is om ’n paar vulgêre instruksies in haar oor te fluister.
“Ná ek gekom het wil ek hê jy moet hier kom en my mond met jou kont fok,” sou sy sê en Emma sou dadelik met soveel determinasie begin beweeg dat Simone soms van kant gevang is selfs al het sy baie goed geweet wat kom.
Maar vanaand… vanaand, iewers tussen die oomblik wat ’n donkerkopvrou vir Simone ’n martini aangebied het en Emma ’n paar oomblikke later eenvoudig gesê het “huis, nou,” het Simone besluit dat dit tyd is om die reëls te verander. Om te kyk of haar intuïsie reg is.
In enige ander omstandighede—met enige ander persoon—sou Simone seker gewees het dat sy sou wen. Sy sou ’n bietjie terg, hygend ’n paar obsene woorde uitasem, lag wanneer sy die desperaatheid kan hoor.
Sy is nie nou so seker daarvan nie. Nie met Emma nie.
Emma, wat by elk van haar bewegings bybly. Wat so maklik saam met haar van speelse verleiding na die mees intieme oomblikke beweeg. Simone weet dat Emma haar met ’n enkele kyk op haar knieë kan dwing, maar dit is nie nodig vir Emma om dít op hierdie oomblik te weet nie.
Simone praat sag, maar selfversekerd. “Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek het die grootste agting vir jou handewerk.” Hoendervleis vorm wanneer Simone se vingers hoër op beweeg en skrams oor Emma se boarmspiere streel. “En jou toewyding,” haar vingers beweeg na binne, ’n wysvinger streel oor Emma se borsbeen. “Maar as iemand wat graag wil voortgaan om die vrugte van jou … werksetiek … te pluk,” sy druk haar heupe liggies teen Emma s’n en kyk hoe sy op haar onderlip byt om ’n kreun te onderdruk, “Dink ek bloot dis my verantwoordelikheid om seker te maak dat jy ook soms ontspan.”
“Né?” Emma glimlag, laat sak haar kop effens en laat rus haar lippe teen Simone s’n. Simone moet daarop let om stil te bly staan wanneer Emma haar eie heupe vorentoe druk.
Simone laat haarself toe om vir ’n sekonde of twee so te staan. Met lippe teen hare aangedruk, maar andersins doodstil. Dan gee sy ’n treë agtertoe en lig haar kop sodat sy direk in Emma se oë kan kyk. Met ’n beweging van haar kop beduie sy slaapkamer toe.
“Op die bed, asseblief,” sê sy en laat sak haar stem ’n oktaaf. Die speelsheid van vroeër is weg.
Sy neem nog ’n treë terug en wag.
’n Amperse frons verskyn, maar die glimlag wat om Emma se mondhoeke speel is steeds daar. “Wat?” vra sy, asof sy nie die instruksie verstaan nie.
Simone oorweeg vlugtig of sy dalk verkeerd is. Miskien het sy die speletjie heeltemal verkeerd verstaan. Maar sy haal diep asem en druk tog deur. “Ek het gesê, gaan nou na jou kamer toe en klim op die bed.” Sy wag ’n oomblik en voeg dan by: “Nou.”
Vir ’n oomblik behou sy oogkontak terwyl haar woorde in die lug hang. Sy merk hoe Emma se nek en wange rooier word en haar asem vervlak. Dan weet Simone sy was reg.
Nog ’n oomblik gaan verby en dan skuur Emma verby haar en loop in die rigting van die slaapkamer. Simone volg haar nie dadelik nie. Sy staar Emma agterna. Emma moet weet dat Simone vir haar kyk, maar sy weerstaan oënskynlik die versoeking om ’n vertoning te maak van die paar treë na die kamer toe. Haar heupe beweeg sensueel, maar so subtiel dat dit amper onopsigtelik is.
Wanneer Simone by die kamer inloop, sit Emma op die rand van die bed. Sy het haar skoene uitgetrek, maar lyk andersins besonder ontspanne. Die uitdrukking op haar gesig laat Simone egter besef dat sy nog nie heeltemal oorgegee het nie.
Simone treë nader en laat val haar rok na die grond. In ander omstandighede sou sy ineengekrimp het vir hierdie cliché—om ’n swart rok in een beweging te laat val sodat sy seker is Emma weet dat sy vanaand onderklere oorgesien het—maar dan asem Emma ’n sagte “fok” uit en Simone dink dat dit dalk tog nie so erg is nie.
Sy streel oor haar borste met haar regterhand en treë nader aan die bed.
“Fok,” herhaal Emma.
“Ons sal,” antwoord sy speels.
Simone druk liggies ’n palm teen Emma se bors sodat sy plat op haar rug op die bed lê. Sy leun oor na die bedkassie en gryp die das wat Emma ná werk daar gelos het. (Dit is deel van ’n uitrusting wat Simone besonder aantreklik vind en sy weet dat Emma dikwels ’n das en broekpak aantrek wanneer sy weet dat hulle mekaar gedurende die werksdag sal sien).
“Sit jou hande bo jou kop,” sê Simone en streel met haar vinger oor die sydas. Sy sit op haar knieë op die bed. Gewoonlik sou haar instink wees om onmiddellik wydsbeen oor Emma se heupe te sit, maar sy besluit daarteen. Dit is nog nie heeltemal die regte tyd daarvoor nie.
Emma lag senuweeagtig. ’n Amperse giggel. Sy beweeg nie, maar sy antwoord ook nie.
Die uitdrukking op Simone se gesig versag en sy leun vorentoe. Sy plaas versigtig ’n sagte ry soene van Emma se skouerbeen op na die skulp van haar oor. “Ek het jou,” fluister sy. “Maar sê vir my en ons hou dadelik op, okay?”
Emma se oë is toe wanneer Simone weer regop kom. Vir ’n oomblik of twee is albei doodstil voordat Emma haar oë oopmaak en stadig haar arms bo haar kop oplig.
Dan voel Simone hoe Emma se heupe op die bed beweeg, vorentoe beur, en sy beweeg self vorentoe om die das rondom Emma se gewrigte vas te maak.
“Goed so, my gehoorsame meisie,” sê sy wanneer sy klaar is. Emma trek haar asem skerp in en sluk dan hard.
“Hou jy hiervan?” lag sy en begin om die knope van Emma se hemp los te maak. Omdat Emma se hande vasgemaak is sal sy nie haar hemp kan uittrek nie, maar dit pla Simone nie te veel nie. Sy bring haar hand vorentoe en streel een van Emma se tepels deur die materiaal van haar bra. Sy hou haar hand daar.
“Hou jy daarvan om so aan my gehoorsaam te wees?” vra sy en knyp liggies.
“Fok,” is al wat Emma sê terwyl haar heupe opwaarts beur.
Simone beweeg haar kop af. Haar tong streel oor Emma se onderlip, maar sy beweeg haar mond nog laer voordat Emma haar kan terugsoen. Haar mond omlyn die kurwes van Emma se nek en Simone ruik sitrus en whiskey en ’n eksotiese reuk wat sy nie heeltemal kan plaas nie. Sy laat haar mond verby Emma se borste beweeg. Naby genoeg om seker te wees dat Emma die hitte van haar asem kan voel, maar ver genoeg dat haar lippe nie kontak maak met vel nie.
“Jy lyk regtig fokken hot so,” sê sy teen Emma se linkertepel en laat sak haar mond weer om haar tong teen die sagte vel tussen Emma se borste te laat opbeweeg. Simone sit weer regop. Sy maak seker Emma kyk vir haar voordat sy haar hand laat sak en met twee vingers oor haar klitoris en dan effens laer af streel.
“Proe,” sê sy. Sy bring haar hand op en druk ’n nat vinger teen Emma se lippe.
Emma probeer om die eerste twee litte van Simone se vinger in haar mond te neem, maar weer eens is Simone te vinnig. Emma lek nietemin die amper onsigbare natheid van haar lippe af en bring haar heupe vorentoe om meer kontak te probeer uitlok.
As Simone vir Emma so onder haar sien—die oopgeknoopde wit hemp wat half van haar skouers af hang, haar effens vinniger asemhaling, die manier waarop haar heupe en dye rukkerig beweeg—dan wonder sy of iets op dees aarde mooier kan wees.
’n Sagte “nee” weerklink deur die kamer toe Simone weer opstaan. Sy glimlag ondeund terwyl sy Emma se jeans en onderklere met een beweging af- en uittrek.
“Geduld,” sê Simone, “dis ’n deug, weet jy.”
“Simone. Komaan,” sê Emma en Simone besef dat dit die eerste samehangende sin uit Emma se mond is vandat hulle na die slaapkamer verskuif het.
“Wat sê jy?”
“Kom nou.”
“Wat wil jy hê, Emma?”
“Jy weet wat ek wil hê.”
“Sê dit.”
Simone kyk hoe Emma weer haar oë toemaak. Sy kan hoor hoe haar asemhaling versnel. Wanneer sy praat is haar stem donker en helder, maar die frustrasie in Emma se verhewe stem ontgaan Simone nie. “Fok my,” sê sy.
“Nee,” probeer Simone ongeraak antwoord en die Here weet sy hoop nie Emma besef hoe naby sy daaraan is om weg te doen met hierdie hele lawwe plan en Emma toe te laat om aan haar te doen wat ook al sy wil nie. “Nog nie.”
Sy klouter terug op die bed en gaan sit wydsbeen oor Emma se dye. Hierdie keer maak sy egter seker om met haar onderlyf teen Emma te druk, om seker te maak dat Emma haar kan voel. Haar wysvinger trek ligte sirkeltjies teen die binnekant van Emma se regterdy voordat haar hand verder op beweeg en liggies aan donker krulhaartjies trek.
“Ek hou daarvan dat jy nie alles afskeer nie,” sê sy en laat haar hand laer af beweeg.
“Jissus.”
“Jirre, jy is klaar so nat,” asem sy uit terwyl haar hand plat teen Emma se kont lê.
“Fok.”
“Is dit vir my?” vra sy en slaan saggies.
Sy sien hoe ’n rilling deur Emma se lyf beweeg, maar sy antwoord nie.
Simone slaan nog ’n keer teen Emma se kont, hierdie keer ’n bietjie harder. “Ek het jou ’n vraag gevra, Emma!”
“Ja,” antwoord sy so sag dat Simone dit dalk glad nie sou gehoor het as sy nie Emma se mond sien beweeg het nie. Haar oë is steeds toe.
“Sê my waaraan jy op hierdie oomblik dink,” en sy trek haar middelvinger op om sirkels rondom Emma se klitoris te trek.
“Aan niks nie,” kreun Emma na ’n paar sekondes.
“Jy jok.” Simone buig vooroor en trek die materiaal van Emma se bra opsy. Haar mond krul om haar tepel en sy suig hard. “Sê vir my.”
“Ek het …um …” Sy kan sien dat Emma ’n oomblik nodig het voordat sy kan antwoord. “Ek het gedink aan hoe hard jy my gaan laat kom.”
Simone laat haar vinger ’n paar keer heen en weer oor Emma se klitoris gly. “En wat dan?” moedig sy aan.
“Dan … fok … ná ek gekom het …” Emma verskuif haar bene en bring haar onderlyf op sodat haar bobeen teen Simone se kont druk. Simone weet dat dit Emma se manier is om haar te herinner dat sy weet hoeveel Simone hiervan hou. “Dan wil ek hê dat ons na die sitkamerbank toe skuif, die een voor die vensters, en dan wil ek jou van agter af fok met die strap-on.”
“Jirre jissus, Emma.” Hierdie keer byt Simone die tepel waarteen haar lippe steeds gerus het. Sy voel hoe Emma haar rug opbuig en haar borste uitstoot.
Dit is ’n fantasie wat Emma al ’n paar keer aan haar genoem het. Meestal wanneer Simone se klit net ’n paar sentimeter van haar mond af is. Simone het al opgemerk dat Emma lief is daarvoor om dit te doen: om op te kyk van waar sy tussen Simone se bene lê, een of ander fantasie te deel en dan onmiddellik weer haar lippe rondom Simone se klitoris te sluit. In haar agterkop dink Simone dat sy tog moet onthou om een of ander tyd te kyk hoe hierdie spesifieke fantasie sal uitspeel.
“Is dit iets waarvan jy sal hou?” Twee van Simone se vingers beweeg af en streel liggies oor warm en nat. “Sal jy daarvan hou om my teen die venster te naai?”
“Ja.” Emma lig haar onderlyf nou heeltemal van die bed af in ’n poging om Simone se vingers binne-in haar te kry.
Vlugtig, voordat Simone ingee en sy twee vingers laat insink, dink sy weer aan hoe perfek hierdie prentjie voor haar is. Die boog van Emma se rug, die rukkerige bewegings van haar heupe wanneer sy meer aanraking met Simone probeer kry. Simone kan sien hoe Emma se hande teen die das om haar gewrigte beur—as sy wou sou sy egter maklik die knoop kon breek—en dit laat haar bo-armspiere span. Klein klossies hare klou sweterig teen haar nek.
Simone verplaas haar gewig sodat haar hand harder en vinniger bewegings begin maak. Emma se heupe begin meer ritmies beweeg. Sy lig telkens haar onderlyf op om Simone se hand tegemoet te kom. Dit voel steeds nie genoeg nie. Simone voeg ’n derde vinger by en verskuif haar lyf sodat haar borste met elke beweging vorentoe aan Emma s’n raak. Harder en vinniger, aangespoor deur Emma wat hard op haar onderlip byt en telkens asof dit ’n mantra is “fok, ja, fok my, jissus, fok my, fok my, fok my” uiter.
Simone wil vir Emma sê om aan haarself te vat terwyl sy haar fok, maar onthou dan dat haar hande steeds vasgemaak is. Haar hand beweeg effens stadiger terwyl sy agtertoe skuif totdat sy uiteindelik op haar knieë voor die bed sit. Sy trek aan Emma se been, beduie vir haar om nader te skuif sodat haar mond kan bykom.
Dan laat sak sy haar kop, suig en byt aan Emma se binnebeen totdat sy seker is dat dit ’n merk sal los. Sy asem diep in. Dit ruik soos seks en begeerte en Emma.
“Hier is wat nou gaan gebeur,” sê Simone en lek al langs die buitenste lippe van Emma se kont. “Jy gaan kom vir my.” Sy skuif haar tong nader aan waar haar vingers is. Haar hand en vingers is nou byna heeltemal bewegingloos behalwe vir die stadige kom-hierheen-gebaar wat haar vingers steeds binne in Emma maak. Sy lek rondom haar vingers en dan ’n bietjie meer boontoe, naby Emma se klitoris. “En nadat jy gekom het,” haar tong en lippe beweeg oor Emma se klitoris, “gaan jy vir my omdraai sodat ek jou van agter af kan fok. Verstaan jy?”
Emma antwoord nie, maar bring haar vasgebinde hande vorentoe en druk Simone se kop vorentoe met die palms van haar hande terwyl sy haar heupe oplig. ’n Oomblik of twee gaan verby voordat Simone Emma se klitoris in haar mond neem, hard suig, en dit dan weer laat gaan. Sy lek weer oor Emma se klit, neem dit in haar mond, suig, lek, suig, lek en laat haar vingers met meer intensie opwaarts krul.
Dit vat nie veel langer nie. ’n Oomblik voor Emma kom, kyk Simone op. Sy sien en voel hoe Emma se heupe meer rukkerig beweeg, haar kop terugval en hoe die spiere teen Simone se vingers styf span. Vir net ’n sekonde lig Emma se skouers effens op van die bed af voordat sy weer terugval. Simone dink dat die geluid wat sy uitskree dalk háár naam kan wees, maar sy kan nie seker wees of dit dalk net ’n primitiewe uitroep van plesier is nie.
Vir ’n rukkie lê hulle so. Simone se wang rus teen Emma se bobeen, haar vinger steeds in Emma. Sy kan hoor hoe Emma swaar en diep asemhaal en dan giggel.
“Fokkit,” sug Emma sag.
Simone is nie seker hoe lank hulle so lê voordat Emma beweeg nie. Sy kyk op om te sien hoe Emma haar bene optrek en draai sodat sy op haar maag lê. Simone bly doodstil sit en kyk hoe Emma haar knieë intrek en haar onderlyf van die bed af lig. Sy strek haar nek en draai haar kop in Simone se rigting.
“So,” begin Emma en daar is iets in haar stemtoon wat Simone laat wonder of sý ooit werklik in beheer was vanaand, “gaan jy net daar sit of is jy uiteindelik reg om vir my te wys hoe dit voel om gefok te word totdat ek nie weer regop kan staan nie?”
Simone oorweeg vir ’n oomblik wat sy volgende moet doen voordat sy besluit om liefs op te hou dink. Sy staan dus op, klim weer op die bed en verwonder haar aan die geluid wat deur die vertrek eggo wanneer drie vingers weer in Emma in verdwyn en Simone haar onderlyf hard teen Emma se heupe inslaan.
Luami Calitz is gebore in Pretoria, het gegradueer met ’n BA in Beeldende Kunste by Stellenbosch Universiteit, en woon tans in Kaapstad. Bedags werk sy in ’n boekwinkel en snags is sy ’n kunstenaar. Sien meer van haar werk hier.