Verwelkoming en bedankings
Bibi Burger en Azille Coetzee
My Moeder en Haar Moeders
deur Nicolene Burger
Die multi-sensoriese performance-stuk verweef die kompleksiteite wat betrokke is by die konstruksie van tradisionele vroulikheid, soos ras, klas, grondbesit, geweld, ouerskap en genderperformatiwiteit. Nicolene Burger gebruik en manipuleer herkenbare gebare, aksies, klanke en woorde in ’n poging om die spook wat haar moontlik ná hierdie begrafnis gaan agtervolg, uit te dryf.
The multi-sensory performance piece weaves together the complex entanglement of race, class, land ownership, violence, child-rearing, and gender performativity involved in constructing traditional femininity. Performing through and manipulating recognisable gestures, actions, sounds, and words, Nicolene Burger attempts to exorcise the ghost that might haunt her after this funeral.
Herinnering
deur Veronique Jephtas
Hierdie optrede gaan oor om hulle te onthou. Haar. Sy. Jy. Wat is jy oor haar vertel? Wat doen ’n mens met die inligting wat gedeel is wat jy nie kan vergeet nie? Wat doen jy wanneer jy handelinge gesien het wat jy nooit wil vervolmaak nie? Jy begrawe dit. Jy begrawe hulle.
This performance will revolve around remembering them. Her. She. You. What have you been told about her? What does one do with information shared that you cannot forget? What do you do when having witnessed actions you never want to perfect? You bury it. You bury them.
Gogga Onda Dance Floor
deur Lorin Sookool
Lorin Sookool skets ’n lewende (live) ontwikkeling van haar film Gogga; in wese ’n ode aan die herkonneksie met mens se innerlike aard. Hierdie aanbod (offering) kan gesien word as ’n werk in wording, met die subtitel “xperiment wun”. Die skakel na die film is op haar webtuiste.
Lorin Sookool traces a live development of her film, Gogga, which was in its essence an ode to the reconnection to one's inner nature. This offering may be viewed as a work in progress and subtitled "xperiment wun". The link to the film, Gogga, may be found on her website.
Begrafnislied
Robyn Reid
Kisbesigtiging
Lede van die gehoor “begrawe” elkeen ’n objek wat hul verhouding met Tradisionele Vroulikheid verteenwoordig.
Eet en drink
*****
Meer oor die kunstenaars
Nicolene Burger
Ek is Nicolene Burger, ’n multi-media-kunstenaar wat myself verdiep in skilder-, installasie- en performance-kuns. Deur die loop van my kunsreis het ek ’n diep begrip vir die transformerende mag van kuns ontwikkel, en ek delf aanhoudend in die kompleksiteit van geheue, genesing, die smee van konneksies en spirituele groei. My kreatiewe verkenning strek verby die grense van tradisionele kunsvorme, en dit laat my toe om ongekarteerde terrein te betree en meditatiewe kunservarings te begelei om mense met kreatiewe blokkasies te help. Ek het begin om die rol van Kreatiwiteits-doula te beliggaam, en verskaf sodoende versorgende ondersteuning en leiding aan mede-kunstenaars. Nadat ek my BA in Beeldende Kuns by Stellenbosch Universiteit gekry het, het ek ’n vyfjaarbreuk van die akademie geneem. Ek is tans op die punt om ’n praktykgebaseerde meestersgraad in Teater en Performance by die Universiteit van Kaapstad te voltooi. Hierdie voortdurende akademiese werksaamhede laat my toe om my kunsrepertoire uit te brei en die sfeer van sensoriese kunservarings dieper te verken. Ek is passievol daaroor om verbindings tussen die kyker/deelnemer en die kunswerk te skep; om dit te doen inkorporeer ek smaak, reuk en klank in my ekspressiewe tapisseries. Deur fisiese wisselwerking met my werk, nooi ek individue uit om hulle kwesbaarheid te verken en konneksies te smee wat die limiete van konvensionele kommunikasie transendeer.
I am Nicolene Burger, a multi-media artist deeply immersed in the realms of painting, installation, and performance art. Throughout my artistic journey, I have developed a profound understanding of the power of art as a transformative medium, and I constantly delve into the intricacies of memory, healing, connection, and spiritual growth. My creative exploration expands beyond the confines of traditional art forms, allowing me to venture into uncharted territory and guide meditative art experiences for those facing creative blocks. I have come to embody the role of the Creativity Doula, providing nurturing support and guidance to fellow artists on their creative journeys. After earning my BA in Fine Arts from Stellenbosch University, I took a break from academic study and pursued more spiritual avenues of the creative process. I returned to the academy after 5 years and am currently on the cusp of completing a practice-based master's degree in Theatre and Performance at the University of Cape Town. This ongoing academic pursuit enables me to expand my artistic repertoire and delve deeper into the realm of sensory art experiences. I am passionate about creating profound connections between the viewer/participant and the artwork, and to achieve this, I engage multiple senses by incorporating taste, smell, and sound into my intricate tapestries of expression. Through physical engagement with my artworks, I invite individuals to explore their vulnerabilities and forge a profound connection that transcends the boundaries of conventional communication.
Veronique Jephtas
Veronique Jephtas is ’n 27-jarige Suid-Afrikaanse skrywer, dramaturg, aktrise, digter, spoken word-kunstenaar en aktivis wat spesialiseer in Afrikaaps, vroueregte en genderkwessies. Veronique het ’n honneursgraad in Drama en Teaterstudies van Stellenbosch Universiteit sowel as ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns van Rhodes, met ’n fokus op prosa en poësie. Veronique is veral bekend vir haar viral-gedig “Dear Mr. President” wat die nasie behoorlik aangegryp het ná die moord en verkragting van die 19-jarige Uyinene Mrwetyana in 2019. Veronique se debuutdigbundel, Soe Rond Ommie Bos, is benoem vir die Ingrid Jonker-prys in 2023. In hierdie bundel verken Veronique, ‘die born free-poet’ volgens die media, die sosio-politieke werklikhede en gruwels wat vroue en meisies in Suid-Afrika in die gesig staar, as gevolg van ’n regering wat weier om die genocide van vroue in die land te erken of aan te spreek. In Mei 2023 het Veronique die NATi Slurpieprys gewen by die KKNK KANNAS, vir haar spel in en konsepsualisering van haar eenvrouvertoning, My kroon se krank, wat sy geskryf het saam met die bekroonde skrywer en digter Lynthia Julius. In Februarie vanjaar het sy die kykNET Fiësta-toekenning vir beste nuwe Afrikaanse teks gewen vir My kroon se krank. Veronique was al in die reekse Fynskrif, Evita in Excelsior, die telenovella Arendsvlei en films soos Ouma Olive, Swirl en Keras op kykNET. Sy skryf gereeld vir Litnet en Klyntji en het eersdaags ’n rubriek in Die Son. Veronique vertolk tans die rol van Debbie-Lee Syster in die eerste plaaslikvervaardigde Afrikaanse telenovella, Kelders van Geheime, op eTV.
Veronique Jephtas is a 27-year-old South African writer, playwright, actress, poet, spoken word artist and activist who specialises in Afrikaaps and women’s rights and gender issues. Veronique holds an honours degree in Drama and theatre studies from Stellenbosch University, where she specialised in playwriting, as well as a masters degree in Creative Writing from Rhodes University, where she specialised in prose and poetry. Veronique is most well-known for her viral poem, “Dear Mr. President”, which took the nation by storm after the murder and rape of 19-year-old Uyinene Mrwetyana in 2019. Veronique’s debut poetry collection, Soe Rond Ommie Bos (around the bush) was nominated for the Ingrid Jonker Debut Poetry Prize in 2023. In this collection, Veronique, dubbed as the born free poet by the media, delved into the socio-political realities and horrors that women and girls in South Africa face with a government that refuses to acknowledge, tackle and face the genocide against women in their country. In May 2023, Veronique won the NATi Slurpie award at the KKNK KANNAS, for her acting and conceptualisation of her one-woman show, My kroon se krank. Veronique won the kykNET Fiësta award for best new Afrikaans script in February for her play, My kroon se krank, which she co-wrote with award-winning writer and poet, Lynthia Julius. Veronique has been in the series Fynskrif, Evita in Excelsior, the telenovela Arendsvlei, and movies such as Ouma Olive, Swirl and Keras on kykNET. She has written various pieces for Litnet and Klyntji and has a forthcoming column in Die Son newspaper. Veronique is currently starring as Debbie-Lee Syster in the first locally produced Afrikaans telenovela, Kelders van Geheime, on eTV.
Lorin Sookool
Lorin Sookool is ’n enkelmoeder-kunstenaar wat haar meestersgraad by die Universiteit van Kaapstad se Sentrum vir Teater, Dans en Performance doen en as kunstenaar werk. Ná tien jaar van kunsbeoefening is sy tans besig om al die ‘nodige’ papiere en toestemmings te kry sodat sy volgende jaar weer die professionele vryskutwêreld kan betree, papier in die hand, sonder om ’n fok te voel. Sy verstaan eerstehands dat dit maar is wat dit is. Sy is in Durban gebore en woon sedert 2020 in Kaapstad. Sookool definieer haarself as ’n kontemporêre kunstenaar met ’n fondasie in dans en ’n proses wat intuïtief en ontluikend is.
Lorin Sookool is a single mothering artist who is both reading for her masters at UCT Centre for Theatre Dance and Performance Studies as well as working as an artist. Having practiced for 10 years, she is currently collecting all the papers and nods from the 'necessary' institutions so that she can step back out into the professional freelance world next year, paper in hand, without a fuck to give. She understands first-hand that; it is what it is. Durban-born, Cape Town-based since 2020, Sookool defines herself as a contemporary artist with a dance foundation and with a process that is intuitive and emergent in design.
Robyn Reid
Robyn Reid is ’n sanger, liedjieskrywer en drag-kunstenaar van Kaapstad. Robyn het al opgetree by internasionale jazzfeeste, teaterproduksies by die Artscape en Baxter, en vele meer. Robyn het onlangs by die Drag Cartel aangesluit en werk saam met MVT Productions.
Robyn Reid is a singer-songwriter and drag performer from Cape Town. Robyn worked on various stages from international jazz festivals to theatre productions at Artscape, Baxter and many more, and recently joined the drag cartel and works with MVT productions.
Janke Mostert
Janke is bedags ’n hoërskoolonderwyser en saans (hou sy daarvan om te dink sy’s) ’n rockstar. Sy is berug vir haar liefde vir tannies, Afrikaanse popkultuur en “rabbit holes” op die internet.
Janke is a high school teacher by day and at night (she likes to think of herself as) a rockstar. She is infamous for her love of tannies, Afrikaans popular culture and rabbit holes on the internet.
*****
Met dank aan
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Elodi Troskie
196 Victoria
Mondvol Soet
Charm’s Kitchen
Rosca van Rooyen