Misfit
Chase Rhys is 'n bekroonde skrywer. Misfit is 'n storie uit hul nuwe boek Misfit: Stories Vannie Anne Kant (2022).
1. Goue studs
1990, ag maane oud
Ek en my sewentienjarige ma is in ’n third class carriage op pad Golden Acre toe. Ek was soes ’n liewindige pop vi haa. Altyd dress-up met my gespeel. Sy’t vesieke gemaak ôs dra matching outfits whenever ôs in public appear het. My ma dra haa trademark geskeurde klere en klom kettangs yt Madonna se Like a Virgin-era. Haa trademark vurk en liepel is om haa arms gebyg. Haa hare is vasgemaak met klom geskeurde ribbons. ’n Matching ribbon hou my kop vol soft curls yt my gesig yt. Ôs kô by Kaapstadstasie an, en loep deerie tunnel Golden Acre toe. Ôs is hie om gatte in my ore te kry. Hulle skiet ’n goue stud in elke oor. Ek hyl ie. Innie middel vannie mall hou hulle ’n model competition op soek narie jaa se mooiste baba. Die prys is ’n assortment baby products wat dee veskillene winkels innie mall gedonate is. Die winning baby wôd oek in ’n nasionale catalog gefeature. My ma enter my innie kompetisie. Hulle vat foto’s van my en my ma parade my voorie judges ennie shoppers, wat nou ’n live audience is.
Hulle kies net een wenner innie seunskategorie en een wenner innie meisiekategorie. Die seunswenner wôd eeste announce. Issie ekkie. My ma is disappointed, ôs was heeldag veniet bymekaa mettie pageant. Ôs is al twie moeg en mislik. Sy haloep met my deerie tonnel, bang dat ôssie laaste trein ytie Kaap yt gan mis. Ieman skrie haa naam van agte haa. Is ’n ytasem security guard. “Hulle roep jou oppie stage!”
Ek het my eeste pageant gewen: Ek is Golden Acre se 1990 Baby Girl of the Year. Die judges het my krulle en my earrings gesien en assume ek’s ’n meisie.
My ma is in ekstase. Ôs vattie trein hys toe innie donkete. My ma sukkel om my ennie masse hamper vol pienk onesies, pienk rattles en pienk komberse in haa arms vas te hou.
“My baby is ’n famous model!” brag sy toe ôs eventually byrie hys kô. My sewentienjarige pa is gesyp. Hy wil wiet wie’t vi my ma gesê sy kan vi my earrings inskiet. “Boys dra nie earrings ie!”
Hy sienie “Baby Girl of the Year”-sash wat oorie pienk hamper gewrap is. Hy is kwaad dat sy seun vir ’n meisie mistake is. Hy blame ie goue studs. Hy sit my op sy skoot en haalie earrings yt my ore yt. “Boys dra nie earrings ie!”
Soes hy praat vallie as vannie entjie in sy mon op my en brand ’n gat innie nuwe pienk jacket wat my ma vi my aangetrekit. Ek hyl. My pa sny allie pienk klere op met sy butterfly-mes. Hy gooi die pienk rattles stukken tienie muur en trap allie pienk toys stukken. Hy slaan my ma soe erg dat hy haa been briek wan, “Boys dra nie earrings ie!”
2. Silver and turquoise pearl clip-ons
1995, ses jaa oud
Ek wôd dikwels allien in my ouma en oupa se kame gelos om TV te kyk. Maa ek stellie soviel belang in wat oppie skerm issie, ek is mee obsessed met my ouma se jewellery box. Ek haalit skelmpies ytie wegstiekplek agte haa klere oppie onneste rak van haa kas. Oppie boks is ’n floral pattern ytgekerf en daas bottle-green velvet annie binnekant. As ekkie boks oepmaak ryk dit na metaal en lipstiffie, en soet parfuum. My ouma se juwele is elegant. Ek spandee ure ommie dun kettang met Jesus annie krys in my palm te gooi. Krul it starag op soes ’n slang. Ek hou van hoe it kielie.
Maa my gunstelingding innie boks is ’n paa clip-on earrings. Hulle is silwer, shaped in soe ’n paisley pattern, met ’n groot turkoois pêrel innie middel, en lyk ancient en expensive. Ek knip die oorbelle aan my gatlose earlobes vas. Hulle klap aan my ore, ek ruk. Is swaa. Is see, maa ek hou it an. “Suffer for beauty” is ’n mantra wat die vroue in my hys herhaal. Ek hou van hoe die oorbelle my lat voel, ouer en glamorous. Ek kyk na myself innie dressing table se spieël. Ek dink ek lyk pragtag. Ek wens ek kon hulle heeltyd dra. Ek wens ek kon vi my familie wys hoe ek lyk mettie oorbelle an. Maa ek wiet ek kan hulle nie anhou nie, dit sal mense kwaad maak. Ek wiet, maa ek vestaanie hoekô ek daavoo gestraf sal wôdie. My ore is attuned oppie bewegings van ammel innie anner vertrekke vannie hys. Ek skud my kop soe hard as wat ek kan maa die oorbelle val nooit affie. Ek voel butterflies in my maag as ek dit dra maa ek dra it nie te lank ie.
Ek unclasp die oorbelle en sit hulle vesigtag trug innie jewellery box. Ek sit it trug innie kas. Ek lê oppie bed en maak asof ek belangstel innie TV, die onnerkant van my ore blosend en bloedrooi. Ek geniet die dowwe pyn van waa die oorbelle was. Ek voel geheimsinnig, skuldig en skaam, asof ek iets gedoenit wat ek’ie moesie
3. Niks earrings / Kaal
2000, elf jaa oud
Ek sit ookant my pa innie vookame. Daas ’n klein leë glassie langs sy linkevoet. Wit skym vannie bier wat hy nou net geslukit gly tienie glas af. Hy stiek ’n Rothmans an en hou die punt vannie sigaret tien ’n foto. Dis ’n foto van my met my ouma se paisley pearl-earrings, ’n sparkly doek lê soes ’n pryk op my kop en ek hou my ma se purse onne my arm vas. Daas ’n heerlike glimlag op my gesig, my oë is toe. Sy sigaret brandie deerie foto nie, my smile maakie kool dood. Hy vat sy lighter en steek die hoek vannie foto annie brand. Nou vattie prentjie vlam. Hy sê niks, hy staar net na my.
My pa is ’n superstitious man. Hy gloe foto’s hou krag, dat it iets mee is as net ink op glanspapier. Hy’t reeds ’n foto verbrand van my met ’n python by my skool se reptile showcase, omdat hy dink dis “demonies”. Hy gooi die brandende foto innie perlemoendop-asbak tussen sy bene. Omring deerie vlamme, lykie smiley expression op my gesig innie foto nou of ek grimas van pyn. Hy spieg oppie foto totdat it ’n swat ash paste wôd. Ek dink hierie theatrical ritueel is veonnestel om my te lat vestaan dat ienagge expression van femininity vekeed is, dat dit net soe satanies is soesie foto van my mettie slang. Ek dink sy hele act is supposed om my te encourage om mee soes hy te wies.
Maa sy conditioning wêkie. Ek dink hy’s belaglik. Sy gedrag maak dat ekkie complete opposite van hom wil wies. Dit maak my net bang, bang vi hom, bang vi mense soes hy.
Maybe hettie kondisionering actually gewêk, wan ek begin hoërskool doodbang virrie seuns. Oppie eeste dag gan my homeroom-onderwyser saam met ons deerie skoolreëls. Hy praat oo uniforms en lies die “no jewellery”-reëls. Hy rig dit annie “meisies”, maa pause dan en sê “en die poofters”.
Die hele klas bas yt vannie lag. Die seuns laggie hardste. Ek het nog nooit dai slur gehoorie maa ek lag ’n valse lag saam soedat ekkie ytstaanie.
Ek dra nie oorbelle nie. Boys dra nie earrings ie. Boys dra nie jewellery nie. Ek probee om byrie seuns in te pas, maa it issie earrings wat my game weg gan gie nie. Is hoe ek beweeg. Issie angle van my pols wanne ek point. Is hoe ek my kop drai. Hulle kan it in my stem hoo, is innie sibilance van my s.
Ek wôd getarget dee ’n skeeloegsurfer. Hy is ’n relentless bully.
Eendag niem ôsse homeroom-onderwyser ôs albei ytie klaskame. “Vir wat huil jy?” vra hy vi my. Ek sê vi hom die klong bly my ’n poofter noem. “Wel, is jy gay?” vra hy my kwaad. Ek wiet selfie die antwood vi dai vraag ie. Ek is allien innie gang mettie man wat ôs bekendgestellit annie woord poofter en sy skeel protege.
“Nee,” lieg ek.
Die onderwyser skel my yt, “Wel as jy nie ’n poofter is nie, hoekom huil jy dan? Hou op huil. Boys don’t cry.”
Al wat hy vi die boelie sê, is: “Stop it okay?” Die seuns hou nie op om my poofter te noemie. Maa ek report hulle nie wan ek wiet niks sal gedoen wôdie. En ek hylie, wan boys don’t cry
4. Jumbo Safety Pin
2004, vyftien jaa oud
Die ysblokke wat ek aan weerskante van my oo sandwich is ampe heeltemal gesmelt. Wate tap by my elmboog af en drup op my grys skoolbroek.
Syd lag. “Lyk soes jy jou in broek gepie het.” Sy’s biesag ommie naalddeel van ’n jumbo-sized safety pin innie vlam van haa lighter te doop. Die metaal brand swat. My nerves is klaa. Syd sê ek moet relax, sy’t haa eie ore soe gepierce. Sy vee die roet vannie naald af met ’n tissue. Sy knyp my oo en vra of ekkit kan voel.
“Ja, ek dink ek’t mee ys nodig, my ore is noggie numb ie.” “Wel, dit wassie laaste ysblokke wat ons innie freezer gehêrit,” sê sy. Sy sê as sy dittie nou doen nie, gannit oo ’n paa miniete seerder wies. Ek sê vi haa ek is gereed en druk my school jersey in my mond om op te byt. Ek maak my oë toe en haal diep asem.
Sy drukkie safety pin deerie sagte vleis annie onnerkant van my oor. Woede stroom dee my lyf. My hanne bal in vyste, kwaad dat ek gestiek wôd. Ek praat deerie nat wol in my mond. “Bloei it?” Sy skud haa kop en gie my ’n kleine spieël.
Die safety pin is gebyg en hang aan my oor. Ek hou van hoerit lyk. My ma collect safety pins vannie eighties al. Hulle was ’n integrale deel van haa DIY-estetika. Sy’t vi my gelee dattie safety pin simbolies innie punk movement is.
Syd vryf haa hand oorie vyl mat. “Nou waa’s dai butterfly?” “Lossie earring,” sê ek. “Ek gannie pin soema net soe dra.”
Ek dra die jumbo-grootte safety pin as ’n earring skool toe. Die mense staar. Ek loep met attitude straight narie rugby boys, ek sê virrie kaptein vannie A team: “Jono, ek’s gay.” Hy issie eeste persoon by wie ek ooit out the closet gekommit. Ek is nou officially die ienagste openly queer persoon in my skool en ek verwag violence, maa ammel staar na my safety pin en lyk verstom. ’n Bietjie bang even.
Die boys het siekere ees latere bygekô dat ienagge ieman wat vreemd is, aangeval moet wôd innie konserwatiewe wêreld waarin ôs leef. Eeste pouse loep hulle lag-lag veby my oppie veld en hulle spieg smarties vi my.
Ek slyt oë met hulle tewyl ek’ie klein nat chocolates van my uniform af haal en hul een vi een in my mon druk. Ek sygie lekkers en niemie rienboogklee in. Ek kou en maak my mon wyd oep voo ek sluk, “AAAH!”
Die boys is stil geshock, disgusted. Ná dai pla hulle my nie wee nie.
My safety pin remind my dat ek my eie safe space is. Ek moet na myself kyk, ek moet vi myself opstaan, wan nieman annes gannit doenie. Elke onderwyser wat my sien konfiskeer my earring. Nanny problem ie. Ek replace it net mettie steady supply van my ma se safety pins wat annie binnekant van my skoolbaadjie vasgestiek is. Eventually hou hulle op om my te vra ommit yt te haal.
Om te embrace dat ek nêrens inpas ie, is ’n vrylating. Ek gie myself toestemming om te rebel tien alles wat van my verwag wôd. My identiteit as ’n misfit sypel in elke aspek van my liewe in. Ek veanne my naam legally omdat daa te veel mense innie skool is met my vorige naam. Byrie skool se jaalikse variety concert dra ek ’n wig en ’n wit trourok vol safety pins en kryp oorie verhoog tewyl ek Madonna se “Like a Virgin” lip sync. Innie art class teken ek liewensgrootte prente van Bybeldraende priesters met wit collars, visnetkouse en hoëhakskoene. Ek organise ’n public debate oo queerness mettie Christelike Studenteforum, maa nie een van hul lede daag oppie. Innie dramaklas skryf ek ’n monoloog oo sekswêk en incest op ’n dansvloer. My drama teacher kannie ophou hyl toe ek it virrie eeste kee vi haa perform ie. Ouers byrie skool kla oo my kuns.
Hulle skryf briewe annie local gemeenskapskoerant waarin hulle hul walging ytspriek oorie onvanpaste kunswêk wat ek maak.
Hoe kan die skool toelaat dat hierdie tipe goed op hul perseel gewys word? – Mrs M. Barry, Fish Hoek
Hierdie student is siek in die kop en benodig professionele hulp. – Concerned Anonymous, Sun Valley
Ek was nog nooit in my lewe so geskok nie. Dit is nie kuns nie. – R. Loubser, Capri.
Maane lank is daa ’n back en forth innie “Letters” section innie koerant oo my werk en oo vryheid van spraak. Ek geniet die kontroversie. Die critics bewys dat ek mag het. Ek belowe myself dat ek nooit weer myself sal verklein ie.
5. Goue hoop
2010, een-en-twinnag jaa oud
Ek sit voorie computer, die tab is oep op ’n Non-Binary-groep op Facebook. Ek is soe tense my goue hoop-earring rus op my linkeskouer en byg my oo in ’n ongemaklike way. Die oorbel remind my om my skouers te ontspan. Ek relax my kakebeen, blaas allie asem yt my longe yt en ek tikkie laaste paa lyne in my post oppie Facebook-groep.
As ek in myself kyk vind ek geen gender nie. Hie’s fokkol manlike of vroulike gevoelens hiebinne nie.
In hierdie groep het ek anne mense gevind wat oek nooit met ienagge geslag verband kon hou nie. Ek voelie soes ’n man of ’n vrou nie. Ek is agender ek is nie-binêr. Ek drukkie post-knoppie. Ek voel verlig dat ek hierdie Non-Binary-label ondekkit.
Die misfit in my is ’n bietjie bekommerd dat ek myself nou in ’n boks sit, maa ek besef al wattie label betieken is net dat ek nou ’n wooreskat het om te vedydelik hoe ek nog altyd binne gevoelit. Hierie niewe taal is eintlik ie vi my onthalwe nie, is vi anne mense om my bietere te vestaan.
6. Key earring
2018, nege-en-twinnag jaa oud
“Wat maak daardie sleutel oop?” vra die TV-presenter. Innie ateljeemonitor sien ek’ie kamera zoom in oppie sleutel wat annie goue hoop in my linkeroor hang. My debuuttoneelstuk, Kinnes, was ’n groot sukses ennie boekverwerking trek baie media-aandag. Ek wôd oorie land rondgevlieg om televisie-onderhoude te voer, ek praat met DJ’s op allie major radiostasies, my storie wôd dee nasionale koerante opgetel en ek’t dubbelbladsye in glossy magazines. Ek dra my sleuteloorbel by elke veskyning.
Ek vryf die sleutel tussen my dym en wysvinge tewyl ek die aanbieder antwood. “Ek dra my key as ’n visuele signal vi allie misfits. Die misfit wat innie normale wêreld probee inpas, sit hulself in ’n hok. Ek wiet hoe dit voel om in vrees vasgevang te wies. Ôs gloe dat ôs allien is. Maarie oomblik wat ôs ’n anne misfit recognize en hulle stories hoo, onthou ôs skielik wie en wat ôs is. Ôs dink: wag ’n bietjie, die hok issie vi my gedesign ie. Ôsself issie sleutel wattie hok oepslyt wan die misfit is die ienagste een wat vry is.
“Ek dra die key earring soedat ie misfits kan sien is moontlik vi ôs om te flourish dee ôsse outentieke self te wies. Die key is vi allie mense op wie die conditioning nie gewêk hettie. Virrie mense wat innately counterculture is. Vi dié van ôs wat nog nooit ôsse tribe gevindit ie. Virrie minorities wattie ees in hul eie minderheidsgroepe inpassie. Die misfit is annes, en ôs sien annes. Is daarie unieke perspektief wat veannering innie wêreld veroorsaak.”
Innie geskiedenis vannie human kingdom wassie mense wat ôsse bewussyn rêrag evolve het ammel misfits. Holy, holy, holy misfit! Jy issie key.