die art van knocks vat: vyf vinjette
Ryan Pedro is ’n skrywer en kunstenaar. Hy debuteer in 2020 met die digbundel pienk ceramic-hondjies waarvoor hy die UJ-debuutprys verwerf.
I.
APRIL 2006
Wrestlemania 22 is op, en jy kan ’n pin hoor drop in die ghetto. Vir blokke aaneen, in elke straat, gaan soek almal die huise uit met die grootste TV en die skottel. Usually ’n onderwyser¸’n ANC-lid, of ’n mert se join, maar hiér in die Vierdestraat, que almal voor Aunty Pearl-hulle huis. Aunty Pearl en haar man, Uncle Ouboet, run ’n huiswinkeltjie. Hulle’s ’n childless couple, so hulle’s loaded. Hulle’s ook kak greedy so, nes laasjaar, charge hulle ’n entrance fee van R15. Is first come, first serve, en ek en my broe Bugsy is front of the line. Ná ’n halfuur sluit die tuinhekkie agter almal wat die cut gemaak het, en ná nog ’n halfuur het almal hul plekke in die voorhuis ingeneem. Die timers en die tôpies word geseat op die settee-stel en die odd collection stoele uit die dining room, die tuin en die garage. Die teenagers en die smokers word allow om by die voordeur en die vensters in te hang vir so lank as wat hulle bene dit kan hou. En ek en Bugsy lê saam met die res van die laities op die mat reg voor die TV. Minutes en hours pass. Matches kom en gaan. Maar die energy in elke clap, elke slap of the knee, elke “hei, kyk dié fókken várk!” remain van begin tot einde. En wanneer Triple H ’n sledge hammer onder die ring uitgrawe om vir John Cena in sy poes in mee te maak, kyk ek vinnig terug oor my skouer. Ek sien hoe knuckles spierwit trek, hoe kake sluit, lippe om entjies tuit. Dan kyk ek langs my na Bugsy wat homself readjust op sy nóú rou elmboë en voorarms, sy oë koeëlrond soos ’n stuffed animal in ’n claw machine. Hy’t dieselfde look op sy gesig wat hy kry as ons DBZ, skate parts en rap-videos kyk. The look of inspiration, of hope. Die timers, die uncles, teenagers het dit ook. Inspiration om die next Coltrane of Maradona te wees. Die hoop dat hulle limitless, liminal bodies propel sal word into the unknown, towards some place else, some place more certain, some place more beautiful. Al is dit net towards Woensdagaand, wanneer Smackdown opkom. Of next Sondagmiddag, wanneer RAW weer wys.
II.
III.
IV.
Meditations op Tyshawn Jones se “The General” Part
vir Regardt
Gee vir my power. Gee vir my control. Gee vir my fearlessness. Gee vir my risks met guaranteed pay-offs. Gee vir my less stress. Gee vir my less conflict. Gee vir my space. Gee vir my room to breathe. En as ek niks van hiervan kan kry nie, gee at least dan net vir my style, goddamnit.