Danie
In hierdie brief dink Wemar Strydom (@bookishcub op Instagram), in gesprek met Carl August se inkskets "Bulky" (2020), oor hoe styf die politiese en die persoonlike teen mekaar lê.
Waarskuwing oor die inhoud: Die brief bevat verwysings na piel, en na white supremacy. En kru taal.
Ek ken jou lyf, Danie. Ek herken jou, aan hoe jou rug boog as jy op jou knieë voor iemand sak, aan jou kakiebroek wat styf span om jou gat, jou kennebak nat.
Ek weet hoe jou lyf inpas in myne: ek weet presies hoe diep my vellies teen jou skouers kan intrap as jou hande my bene terug- en oopdruk; hoe lekker begeerte en lus alternate wanneer jy na my kyk; hoe spuls en reg-vir-wéér-scrum ek jou maak.
En jy weet jy is mooi. (Soms is jy heeltemal té meta daaroor. “Wank jy alweer oor daai Boerboel ads,” vra jy stuitig, alwetend wat my antwoord gaan wees: iets oor short shorts and posterboy-ing for white supremacy, en fuckable fascism, en ’n verergde “ja”.) Maar ek bly nooit kwaad vir jou nie, want selfs wanneer jy moeilikheid maak is jy mooi: ek kan sien in daai hans halfglimlag jy wéét jy is reeds vergewe. Jy kom met moord weg, al jou hele lewe lank.
Daarmee saam loop ook jou vinnige kwaadword, jou hardegatgeit. (Jy het daai ou by Oppikoppi gemoer toe hy my ’n moffie noem, al het jy geweet die feessekuriteit gaan ons hele groep daaroor uitskop.) En ek kan net indink hoe dit vir jou was in die 90s, op ’n plaas in die Oos-Vrystaat. Die Stropers, Skoonheid—geen Vrystater bly lank ’n enigma vir hul intimate partners nie. En ek ken jou binne en buite, Danie, en ek weet hoe teer en weerloos ’n boer soms kan wees: jy, huilend aan’t bestuur ná ons jou broer en sy familie by OR Tambo gaan aflaai het, sak en pak na hul nuwe toekoms vêr weg (jy het so gehuil dat ek by die Blokhuis die stuurwiel by jou moes oorvat); jy wat my hand styf onder die slikkerige water vashou wanneer ons in die dam swem, bang vir dambodemgoed; dít wat jy my pa moes belowe toe jy gaan ouers-vra het.
* * * * * *
Maar ek raak so effe bekommerd, Danie. The Katie Hopkins whatsapp forwards, the Peter Dutton shoutouts op FB, those I could ignore, to an extent—roll my eyes, unfollow. Ek maak Youtube oop en sien ons shared account se algos stel nou Candace Owens en Dave Rubin voor. (And now, oddly, ook Kathleen Stock.) What’s next? ’n Daily Wire subscription? Ben Shapiro-embossed matching cockrings?
Kyk, ek is ook nie heeltemal onskuldig hier nie. Ek het jou oor en oor en oor na “Die Land” laat luister, nie net vir daai insanely catchy hook nie, of vir jou stywe dans-hugs elke keer as dit in Scallas speel nie. Kurt se Kaptein? Onthou hoe ons geskoffel het by my suster se troue, en die helfde van die skuur ons aangegaap het. (Daar is nie gereeld moffies op Volksrus nie, I guess.) And, face it, ons beweeg lekker saam.
Later, ná die oumense bedwaarts is, sit ons jongeres en word vieslik dronk op goedkoop troue-sjampanje. Ek en Roeline en Rusha wil mettertyd gaan slaap, maar julle—die neo-manne, bier in die hand aan’t swanesang—bly sit om die trouevuur, die gloed stadig aan’t kwyn. Die gepratery begin leliker raak, en ek maak keelskoon—jy en ek het ’n staande reël: ons gaan huis toe die oomblik as ’n dronklap die eerste k-woord laat val.
Maar, dan, maande later, terwyl ons laatmiddag half-ontklee en sweterig in ouma Johanna se diep stoepbank lê, swyg die munisipale krag vir die derde keer daardie dag. Jy vererg jou—ons albei doen—en vir die eerste keer in die twaalf jaar dat ek jou lyf ken gebruik jy daai woord voor my: Die kaffers wat die land opfok.
In daai oomblik laat ek jou toe om sulke haterige twak kwyt te raak, want ek is reeds op my rug en góéd lus, en ook: ek wil die vrede bewaar, en ook, ook: ons kry my ma-hulle oor 45 minute by die Spur, so daar is nie nou tyd vir stry nie.
En ek weet ek enable jou op ander maniere ook. Ek het té vinnig handdoek ingegooi toe jy my ‘menskleur’-speech aan jou suster se kleuters doodstop; ek gripe nie meer voor jou ma (vooraanstaande akademikus-mevrou-dominee, sý) oor hoekom die Hertzogprys nog nie van naam verander het nie. En, fok, twee of drie Kersfese terug (Stilbaai, by my tannie-hulle se strandhuis) het ek selfs 12 Rules for Life vir jou in Star Wars-blinkpapier toegedraai. (Al weet ek Jordan Peterson is ’n chauvinist shit-stirrer. Fok hom heeltemal.)
En toe, hier aan die einde van 2020, terwyl jy ’n artikel vir my proeflees, ontplof Proudboys op twitter. Ons lag eers vir die memes, maar ek sien iets pla jou. En kort daarna begin die “when good men do nothing” en “boer, dis tyd” kak. Jy word stiller.
En toe gebeur Senekal.
* * * * * *
As jy nie daar was daai dag nie, soek gerus die Beeld of Volksblad op van die dag ná dié geweldadige Afriforum-led riot. Op ’n vol voorblad pryk ’n mooi, trotse jong boerseun op ’n overturned polisievangwa, in ’n stywe kortbroek, stowwerige vellies, en ’n gespierde roesharige arm wat die môrelig van ’n skimmige wit verlede salueer. (Fok, daai foto. Ek weet dis nie jy nie, Danie, maar it could just as well have been.)
This is what whiteness—let’s be honest, Afrikaner whiteness—does: it hijacks every narrative it can. (Vra maar vir Hamilton Naki, ter voorbeeld. Even this piece is in a way a highjacking masqureading as an intervention.) White comfort is our country’s baseline, despite and through and papered over centuries of persecution of others. And then, when whiteness decides it is uncomfortable, then rioting and protest and vandalism is OK. The double standard is kak, but at least (at the very least) it is now un-invisible, out in the open, standing on an upturned police van, in bulging shorts, for all the fucking world to see.
Ja, “Die Land” was catchy, en De La Rey laat my trotser staan, en Bok van Blerk se Afrikanerhart breek my oop, maar wat de fok is hierdie nuwe kak: Steve en kie se “Ons sal self”? Jirre, I get the sentiment, but why express it so onbeholpe? Wanneer het jy—jy wat ’n honneursskripsie oor yt futurity in Spoegwolf ge-ace het—begin napraat oor die great replacement? Jy, my lief, kan staan op die skouers van Van Wyk Louw, of Koos Kombuis, of Nataniël, maar instead is jy insta-tjommies met Steve and Angus and Ernst fokken Roets. You used to loudly read Krog to me met ’n vol ereksie, kaal en sweterige in Hatfield met die deure wawyd oop, Jakarandas buite die venster in sickly sweet volblom. You had a decent shelf and a half of lit. And now a music video is your manifesto? Wtf, Danie.
Daar is iets omtrent jou hardgeit nou wat ek nie meer verstaan nie. Daar is iets omtrent jou hardegatgeid wat ek nie meer van hou nie. ‘Liberal VS conservative’ doesn’t explain us, Danie. Dis ’n reductive fiction, ’n fokken ingevoerde American-made stuk tos. There’s guns, and white militia, and parades, en ‘paraatheidskampe’ vir wit kinders, and crisp uniforms in my past, too. You don’t get to claim all of that for yourself. You don’t get to be the victim, jou fokker.
Dit maak my moerig, hierdie performative victimhood, jissus. Ek begin worry that you are moving too far for me to follow.
Victimhood and a gun fetish never play out well together. Hierdie pad loop net in een rigting, na self-violence en self-onthouding en fokken complaining, tot dit oorhel in the citizen-equivalent of incels who have unlearnt—violently willed themelves to unlearn—the ability to really belong, to productively love, to be proud of anything, to behoort.
* * * * * *
Ons land gaan deur ’n vorm van couples therapy writ large, met een partner redelik unwilling. Ons probeer, hard: Jy lees Butler en Sara Ahmed, en, teen jou wil, Kopano Ratele; ek lees oor understanding disenfranchised white grief. Ek probeer verstaan, jy weet ek doen. Ek skryf in by Wits vir ’n graad buite my comfort zone, om jou beter te kan verstaan.
In the meantime roleplay ons happiness. Jy paai my met luspraatjies: “Jy is daai protestor op die snoekertafel, geelbestuif, ek is Johann wat kyk in daai kortverhaal.” Jy wen my oor, telkens. Ons fantasy fivesome is nou ek en jy en Enrique Tarrio en Beer Adriaanse en Jerry Falwell Jr. se pool boy.
Dis nou twee jaar ná Senekal. En dinge gaan beter tussen ons.
Deels help die proliferation van goed soos homebru/homeboet clothing brands. “Daai Jan-Jan-Jan vids het eintlik begin as klerereeks, daai video was net promo,” you tell me, beaming and sweaty after getting off the threadmill. (I wanted to answer something-somatic-machine desire-machines-something, about whiteness and capitalism, but I bite my tongue. Because you are smiling, and you are a breathtaking creation when you are happy).
Jy is rustiger.
Ek tel my seëninge: My familie is lief vir jou, my ma bel want sy hoop jy antwoord. My kollegas hou van jou. Jy kyk na my, en herken my. Jy weet ek het iewers binne my ’n ding vir proud boys, vir mans in styfspan rugby shorts, vir mans wat kan braai, en naai (én genaai word, luid en grof), en vir mans wat hul brannas en coke kan vat. Vir yt boys who’ve never read Spivak, for boys called Kallas on Men’s Health covers. For long afternoons in glamped up rondavels op Rusha-hulle se plaas buite Hazyview, vir jou vel ná jy die hele middag in die son na die potjie gekyk het. Vir hoe jy lekkerhuil toe julle—uiteindelik—Maties ’n gatslag toegedien het. En vir die lame grappe, by now overly-familiar, elke keer as ons by Loftus verbyry. Elke. Keer.
This is textbook co-dependency, ek-bleeding-heart-fokken-liberal en jy my fascism-lite geliefde.
Carl August is ’n illustreerder wat behep is met teken. Hy kom oorspronklik van die windy city af—Gqberha, nie Chicago nie. Sy werk is geïnspireer deur die natuur en deur 90s anime, en word gedryf deur wetenskapfiksie en die verkenning van virtuele wêrelde.